Welcome to afrikaans-ortodoks.co.za
 
 

  Skakels

  • Inleiding tot die Ortodoksie
  • Geskiedenis van ons Kerk
  • Insiggewende Artikel oor die aard van die Kerk
  • Nuuswaardighede
  • Die Ortodokse Kerk en Homoseksualiteit.
  • Kompakskywe
  • Getuienisse
  • Die Ortodokse Bedehuis
  • Terugvoer
  • Foto Galery
  •  

      Aanbevole leesstof

     

      Aflaai-bladsye

    Afrikaanse Ortodokse Liturgiese en ander verwante tekste
     

     
      Nuuswaardighede





    31 Oktober 2006


    Vader Zacharias is vroeër vanjaar deur Dr Johan van den Heever van die NG Kerk, Eldoraigne, Pretoria, genooi om belangstellendes in sy gemeente te kom toespreek oor die Ortodoksie. Hy het ook voorgestel dat dit iets besonders sou wees as ons na die praatjie die aand sou kon afsluit met 'n liturgiese gebed. So het dit dan gebeur dat Vr Zacharias op 31 Oktober die praatjie aan 'n belangstellende groep gelewer het, waarna die aand afgesluit is met die sing van die Vespers vir die dag. Vir hierdie geleentheid is Vr Zacharias bygestaan deur Danie Loubser, wat saam met hom na Pretoria is, Peter Matthaei en Kobie Smit van Pretoria, wat albei vroeër deel was van ons Afrikaanse Ortodokse groep in Kaapstad, asook 'n ou vriend van ons uit Amerika, Vr Jonathan Proctor van die Ortodokse Kerk in Amerika, wat toevallig ook in Pretoria was. Saam met hierdie staatmakers het ook 'n groepie van die NG gemeente van Eldoraigne self die musiek voor die tyd geleer en kon hulle die Vespers saam met ons sing. Wat 'n voorreg was dit nie om die Ortodokse geloof so aan van ons mede-Afrikaanssprekendes  te kon bekendstel nie. Ons is vir Dr van den Heever baie dank verskuldig vir die geleentheid. Baie dankie Johan! Dit was 'n besondere ervaring.




    Van links na regs verskyn Danie Loubser, Kobie Smit, Vr Zacharias,
    Dr Johan van den Heever, Vr Jonathan Proctor en Peter Matthaie



    Vr Zacharias en Dr Johan van den Heever
     by die draagbare  ikonostase wat ons by sulke geleenthede gebruik.











    Copyright © by afrikaans-ortodoks.co.za All Right Reserved.

    Published on: 2007-03-07 (1190 reads)

    [ Go Back ]
     
     

    Content ©

     
     
    Built And Hosted By Symeone Solutions c.c. We Smooth IT Over.
    Copyright © 2006 By Symeone Solutions c.c. We Smooth IT Over.